Sorg dat jy die skema verstaan waarin jy belê, is een van die wenke van Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, oor hoe ’n mens die rooi ligte in ’n beleggingskema herken.
Raak iets verlore in die vertaling? Roodt sê ’n mens moet versigtig wees as iets, soos digitale varke, te ingewikkeld klink. “Hoe op aarde werk ’n digitale vark?”
Dit beteken nie ’n mens moet alle digitale beleggingskemas van die tafel afvee nie. Daar