“Jy moet net onthou,” begin hy gewigtig, “sy was skoukoningin! Ek sien haar helder voor my oog. Te pragtig agterop ons buurman se lorrie by die skouterrein op die rooi kombers wat oor die stapel lusernbale gegooi was vir haar om op te sit. ’n Ware koningin. Al om die arena het die buurman met haar gery.”
“Dis baie jare gelede wat haar blinkpapierkroon agter op die lorrie geskitter het, Pa.