Tuis

Tyd vir ’n soetigheid

SJOKOLADEKAASKOEK

Gebruik melk- of donkersjokolade vir dié indrukwekkende, ryk kaaskoek. Onthou net hoe soeter die sjokolade, hoe soeter die koek. Sit dit voor in dun skyfies.

Genoeg vir 1 x 30 cm-kaaskoek
Voorbereiding: 20 minute, plus 1 uur in die yskas

3 x 180 g-pakkies Oreo-koekies

VULSEL

3 x 210 g-houertjies mediumvetroomkaas
125 ml versiersuiker, gesif
30 ml kakao, gesif
5 ml vanieljegeursel
2 plakke (80 g elk) sjokolade, gesmelt250 ml room, geklits tot styf

GARNERING

1 plak (80 g) donkersjokolade
’n paar ekstra koekies, gekrummel

1 Berei die vulsel deur die roomkaas, suiker, kakao, vanielje en sjokolade saam te klits tot net glad. Vou of klits laaste die room by tot net gemeng.

2 As jy ’n 30 cm-koekpan het, kan jy die kaaskoek daarin saamstel. Indien nie, gebruik eenvoudig ’n koekstaander of -bord en pak ’n vryvorm-koek. Begin deur die eerste pakkie koekies styf teen mekaar in ’n sirkel onderin die koekpan of op die bord te pak. Skep ’n derde van die roomkaasmengsel op die koekies en smeer gelyk. Pak nog ’n laag sjokoladekoekies bo-op die vulsel, gevolg deur nog ’n laag vulsel; pak dan weer koekies en eindig met die laaste van die vulsel. Sit die koek in die yskas vir minstens 1 uur of tot gestol.

3 Gebruik ’n groenteskiller en sny sjokoladekrulle van die laaste plak sjokolade; versier die koek daarmee saam met die koekiekrummels.

Stap vir stap

KERSIE-EN-ROOS-GAATJIESKOEK

Bak self (of koop) ’n plaatkoek en toor dit om in ’n Swartwoud-droom met ’n paar eenvoudige ekstras.

Maak 1 koekVoorbereiding: 15 minuteBaktyd: 45 minuteOondtemperatuur: 160 °C

6 eiers, geskei
500 ml strooisuiker
250 ml sonneblomolie
250 ml koffie, warm
500 ml koekmeel, gesif
30 ml kakao, gesif
30 ml bakpoeier
’n knippie sout

VULSEL

125 ml kersie- of bessiekonfyt
90 ml Nutella of soortgelyke sjokoladesmeer
250 ml room
sowat 15 ml roosstroop (sien wenk)• • •

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis23 min read
Skeppend Met Deeg
Al lyk dié skepping alte indrukwekkend, is dit eintlik verspot maklik. Genoeg vir 1 groot krans • Voorbereiding: 15 minute Baktyd: sowat 40 minute • Oondtemperatuur: 180 °C • 650 g bereide brooddeeg• 1 blik (400 g) matige chakalaka• 250 ml gerasperde
Tuis2 min read
Steurgarnaalbrijani
Die brosgebraaide garnaalkoppe gee ’n heerlike knars aan die brijani; gebruik dit as garnering saam met gekookte eiers en sit dit voor met ekstra jogurt. Genoeg vir 6 • Voorbereiding: 1 uur Gaarmaaktyd: 50 minute STEURGARNALE • 700 g heel steurgarn
Tuis2 min read
Hallo!
Jare gelede, voor ’n eindelose musiekbiblioteek op die internet beskikbaar was, was my man, Allister, die meester van die “mixed tape”. Hy sou elke liedjie met groot sorg uitsoek en dit opneem, en my dan oorrompel met sy fyn aangepaste speellys wat t

Related