Huisgenoot

‘VLOEK’ VAN DIE YSTERKLOU

OP 18 Februarie 1993 het Fritz von Erich, ’n legendariese rofstoeier en bemarker, op sy plaas in Denton County, Texas, op die lyk van sy seun Kerry von Erich afgekom.

Kerry (33) het teen ’n boom regop gesit. Hy het hom met sy pa se .44 deur die hart geskiet, ’n daad wat dekades later steeds by stoeiers spook. Wat dit nog meer ontstellend gemaak het, is dat Kerry die vyfde van Fritz se seuns was wat dood is, en die derde wat hul eie lewe geneem het.

“Pa het hom gekry. Hy het gesê hy het nog nooit so ’n vreedsame uitdrukking op Kerry se gesig gesien nie,” sê Kevin, die enigste oorlewende Von Erich- broer.

In die vroeë 1980’s was Kerry von Erich een van die grootste rofstoeisterre in Amerika. Hy het dikwels saam met sy broers David en Kevin vir hul pa se onderneming, World Class Championship Wrestling (WCCW), in Dallas deelgeneem. Dié onderneming het rofstoei op televisie vernuwe en rocksteragtige helde van die seuns gemaak.

Maar oor die jare het Kerry sy broers een vir een verloor en het hy sy regtervoet stilletjies laat afsit, ’n geheim wat later in die kryt ontbloot is. Teen die tyd dat hy sy eie lewe geneem het, is Kerry, die “The Texas Tornado”, deur tronkstraf weens dwelmklagte in die gesig gestaar.

Die storie van die Von Erich-familie, die onderwerp van die rolprent met Zac Efron in die hoofrol, is tragies en bisar. Die fliek word van 15 Maart in Suid-Afrika vertoon. Eintlik is die lot wat Fritz – die gewese “Nazi” wat ’n Christen geword het – en sy seuns getref het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related