Huisgenoot

SELFMOORD VIR ’N ‘TOG NA DIE HEMEL’

OP DIE middag van 26 Maart 1997 ontvang die polisie in San Diego, Kalifornië, ’n anonieme wenk. “Dit gaan oor ’n massaselfmoord, en ek kan vir julle die adres gee,” sê die stem oor die foon.

Die eerste noodwerkers op die toneel sou nooit kon raai watter afgryslike prentjie by die huis in die voorstad Rancho Santa Fe op hulle sou wag nie.

Nege-en-dertig liggame in identiese swart jasse is sorgvuldig op stapelbeddens gerangskik. Hul kaal geskeerde koppe is netjies met pers klede bedek. En almal dra splinternuwe Nike-tekkies.

Elke liggaam het presies $5,75 (sowat R25) in kontant in hul sak, en ’n reistas langs hulle op die vloer.

Driehoekige plakkers wat op al die liggame geplak is, verklaar: Heaven’s Gate Away Team.

Ondersoekbeamptes is dronkgeslaan terwyl die woorde “Red Alert” op rekenaarskerms dwarsdeur die huis flits. Dit is ’n intrige so reg uit die draaiboeke van Star Trek, en dit sou gou duidelik word watter groot invloed dié wetenskapsfiksiereeks op die ruimtebehepte kultus gehad het.

Dinge neem toe ’n nóg vreemder wending in toe die polisie videomanifeste ontdek wat verduidelik die dissipels van die Heaven’s Gate-kultus “het hul menslike vaartuie verlaat” om die “Next Level” via ’n ruimtetuig binne te gaan. Dié sou glo die komeet Hale-Bopp volg op sy nabye vaart verby die planeet Aarde.

Nou, 23 jaar later, het HBO ’n dokumentêre reeks in vier dele getiteld uitgereik. Daarin word gekyk hoe die VVV-doodskultus onder leiding van twee onmerkwaardige middeljarige mense van Texas, Marshall Applewhite en Bonnie Nettles, op die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Die Von Trapps? Nee, Die Van Biljons
PETORIA is dalk ver van die sneeubedekte pieke van Oostenryk, maar moenie verbaas wees as jy hier ’n ma, pa en rits singende kinders, nes die Von Trapps uit The Sound of Music, teëkom nie. Een gesin, vier kinders, en ’n klomp optredes op nasionale en
Huisgenoot1 min read
Vyf Kitsfeite Oor Majozi
1 “Ek is ’n koffiesnob, en jy kan met my toor as jy vir my ’n goeie pour-overkoffie maak.” 2 “My grootste guilty pleasure is ’n lekker soet pasteis de nata – die Portugese vla-tertjie.” 3 Hy is lief vir boks, en as hy nie op toer is of besig met musi
Huisgenoot4 min read
Suidoosterfees: Kultuur In Die Kaap
Niks soos ’n bietjie humor om jou maagspiere te oefen nie! Die immergewilde FRANK OPPERMAN het oud en jonk laat skater met sy eenmanstuk. Hierin word die reünie van die Hoërskool Totius se 1980-matriekgroep gehou, en elke klasmaat kry ’n beurt agter

Related