Huisgenoot

Ontdek die VEGANIS IN JOU

BOTTERSKORSIEGROENKERRIE

BEREIDING EN GAARMAAK: 30 MIN. / GENOEG VIR 4 MENSE

SOJA-GEGLASEERDE BOTTERSKORSIE

◗ 2 e sonneblomolie
◗ 1 middelslag-botterskorsie, en in happiegroot blokkies gesny
◗ 3 e ligte sojasous

GROENKERRIE-BASIS

◗ 1 e sonneblomolie
◗ 1 stingel sitroengras, gekneus
◗ 2 e Thai-groenkerriepasta (maak seker dis vegan!)
◗ 2 x 400 m-blikke volroom-klappermelk
◗ ’n hand vol suikerertjies, gehalveer
◗ ’n hand vol aspersies, harde punte afgesny
◗ ’n hand vol groenbone, punte afgesny
◗ 2 e bevrore of vars edamame-bone
◗ sap van 1 lemmetjie, plus vars wiggies vir voorsit
◗ ’n hand vol vars koljander, rofweg geskeur
◗ 1 rooi brandrissie, saad verwyder en in skyfies gesny
◗ 1 sprietui, fyngekap

Verhit die olie in ’n wok terwyl jy die botterskorsieblokkies met die sojasous meng. Braai die sojabedekte botterskorsie 10 min. of tot sag en verbruin oor matige hitte terwyl jy af en toe roer. Verhit die olie in ’n aparte groot braaipan. Voeg die sitroengras en groenkerriepasta by en braai 1 min. vir die Skep die kerrie in opdienbakkies met die botterskorsie bo-op. Druk ’n bietjie lemmetjiesap daaroor uit en sprinkel die koljander, brandrissie en sprietui oor.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related