Landbouweekblad

Boerdery is in haar DNS

Veeboerdery

Sy “boer” al vandat sy leer loop het, is die enigste van drie sussies wat altyd saam met haar pa, Kola Steyn, in die bakkie gespring het as hy veld toe ry, en het reeds haar eie beesboerdery gehad nog voordat sy skool toe is. Vandag boer Anette Steyn sielsgelukkig op die plaas waar sy grootgeword het.

“Ek sal eerder oor die bestuur van droogtes wil praat as oor enige ander aspek van boerderybestuur. My agtergrond by Virbac het my baie geleer oor hoe om voeding en dieregesondheid te bestuur,” begin sy met die lewenslesse wat sy graag aan ander boere wil oordra.

Sy het heel onder begin leer, en vandag behoort die Hoogvertoon Farming Trust aan Anette en Kola (nou 86). Die vier Hoogvertoon-kleinveestoeterye is op die familieplaas Goreis by Koës in die suide van Namibië, terwyl sy ook kommersieel met skape op die plaas Boesmandrink by Gochas in die Kalahari boer.

Die stoeterye bestaan uit Dorper-, wit Dorper- en Van Rooy-skape, asook Boerbokke. Op die Kalahari-plaas boer sy kommersieel met Dorpers, wit Dorpers, Van Rooy-wit Dorper-kruise en Swakara-skape. Daar hou sy ook Charolais-Brahman-kruiskoeie aan wat deur swart Angus-bulle gedek word.

Vitamien K(os)

Gedurende goeie jare sny en baal Anette soveel suurgras moontlik in die Kalahari en berg dit op. Die afgelope twee jaar het sy nie ’n enkele baal lusern gekoop nie en net suurgras

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related Books & Audiobooks