Nuus Aktueel Elektrisiteit
BOERE in die Noord-Kaap tussen De Aar en Victoria-Wes weet selfs ná twee inligtingvergaderings met Eskom nie hoe die slimkragmeters wat op hul plase geïnstalleer word, hul boerderye gaan raak nie.
“Die meeste van ons meen hulle moet ons liewer beurtkrag gee as hierdie lasvermindering,” sê Hannes de Wet, ’n boer van Hopetown en voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitees vir ekonomie, handel en waterwese.
Hy het ’n onlangse inligtingsvergadering op Britstown bygewoon waar Eskom verduidelik het dat slimmeters wat in hierdie deel van die Noord-Kaap geïnstalleer word, ’n toetsprojek van dié staatsinstelling se