Dalk was daar in jou kleintyd ’n vrou, ouma, tannie of ma wat haar liefde met kos gewys het. Durf jy “nee” sê vir een van haar heerlike, oordadige disse, het sy dit as ’n persoonlike belediging opgeneem. Dus het jy geëet en geëet tot jy wou bars. En dan nóg ’n skeppie gekry.
“Ja.” Dis die pad van die minste weerstand. “Nee.” Die verbode vrug. Dis waarom jou oë dikwels groter as jou maag is. Daar is egter tye wat jy spreekwoordelik móét ophou eet, sê William Clark in ’n TED-praatjie.
Dikwels maak jy jou mond oop om “nee” te sê. En die woordjie “ja” glip uit. “Nee”, bedrieglik kort en eenvoudig, gaan meermale met hope angs gepaard. Veral vir vroue. Maak nie saak hoe onafhanklik ons is nie, verhoudings bly vir baie van ons die middelpunt van ons lewe. En “nee!” kom dikwels uit