SARIE

TROU? NEE, NIE SOMMER

Wêreldwyd trou al hoe minder mense, of dit vir ’n eerste of ’n tweede keer is. ’n Lewenslange vennootskap, soos ’n saamwoonverhouding, is deesdae ’n gewilde opsie.

Volgens die Amerikaanse Pew Research Center wil een uit sewe van ons wat nog nie getroud was nie, ons nooit so verbind nie. Kom dit by ’n tweede huwelik, wil byna die helfte van mense wat voorheen getroud was, dit nie weer waag nie.

“Histories gesproke was die huwelik as instelling wêreldwyd en oor die algemeen nie so goed vir vroue nie, ons soek nuwe oplossings. Dis in elk geval deesdae vir ons belangriker om vervuld te wees,” sê prof. Dinah Hannaford, antropoloog aan die Universiteit van Houston, VSA. Meer as 80 persent van mense dink reeds vroue hoef nie te trou om ’n vervulde lewe te kan hê nie.

Hoewel baie steeds gelukkig getroud én vervuld is, neem saamblyverhoudings toe. Sowat 55 persent van 18- tot 25-jariges wil nie trou nie, maar eerder ’n langtermynverhouding hê.

’n Saamblyverhouding kán op lang termyn “Maar dit verg ’n sterk verbintenis met mekaar. Julle moet goeie vriende wees, effektief kan kommunikeer, getrou en lojaal wees aan mekaar en ook goed as ’n span en as vennote kan saamwerk.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■

Related