SARIE

50 50 TUSSEN JULLE . . . IS DIT REGTIG MOONTLIK?

VERHOUDINGS

Die woorde “Ek moet ook alles in hierdie huis doen” is waarskynlik al in elke huis geuiter. In baie huishoudings voel dit inderdaad asof een party meer verantwoordelikhede as die ander een het. Bykomend is daar vir sommige mense ’n “regte” manier van dinge doen. Soos ’n vriendin ’n ruk gelede van haar lewensmaat sê: “Kan jy glo Lisa hang die wasgoed oor op nadat ek dit opgehang het?” Ja, ek kan, dis soos die onlangse meme op sosiale media: In elke huis is daar iemand wat die skottelgoedwasser soos ’n Skandinawiese binnenshuise argitek inpak en een wat dit soos ’n muishond op dwelms doen.

Ons het almal geite, vooropgestelde idees, maar ook uiteenlopende vaardighede, persoonlikhede en agtergronde, wat dit nie makliker maak om saam met ’n ander mens onder een dak te leef nie. Ons doen en dink verskillend – van toentertyd af.

1950 TOT NOU

’n Tydskrifartikel oor rolverdeling in ’n huwelik in die vyftigerjare was waarskynlik resepmatig met ’n lys van hoe ’n huisvrou moet beplan om ’n huishouding te bestuur

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■

Related