POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000;e-pos: lbw@landbou.com
Rentekoers moet nóú verlaag word
As voormalige ekonoom by die ekonomiese adviesraad van die staatspresident en bestuurder van die nasionale begroting van die polisie – en tans onafhanklike ekonoom – meen ek dat die heersende hoë rentekoerse bydra tot die ekonomiese agteruitgang in Suid-Afrika. (Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het op sy vergadering einde Januarie weer besluit om die repokoers onveranderd te hou. – Red.)
Die land is reeds verby ’n depressie gegewe die rekordhoë werkloosheidsvlak, lae inkomste per kop en armoede van die breë gemeenskap. Tans het ’n lid van ’n huishouding in die hoër inkomstegroepe sowat R35 000 per maand nodig vir oorlewing, uitgesluit motor- of huisverbandskuld. Die ironie is dat miljoene Suid-Afrikaners tans net op maatskaplike toelaes oorleef (ook bekend as “Ramaphosa se R350”). Die Reserwebank se eie raming van 0,2% tot 0,4% ekonomiese groei tans vir die land is ver onder die bevolkingsgroeikoers.
Die Reserwebank kan nie meer soos sy eweknieë in Westerse lande suiwer kapitalistiese monetêre maatreëls volgens die ekonomiese handboek instel nie. Suid-Afrika se omstandighede is anders en die land is vol gebreke wat byna onomkeerbaar is. Hierdie gebreke is onder meer ’n ongekende inkomsteklasseverskil met die meeste mense wat onder die broodlyn leef, regstellende aksie (wat die oorsaak is van ’n tekort aan kundigheid wat produktiwiteit beperk) en Eskom se beurtkrag wat hier is om te bly.
Ons sit ook met ’n bankrot staat en munisipaliteite, politieke onstabiliteit, swak werksetiek onder die amptenary, die emigrasie van kundiges, staatskaping, sigbare korrupsie, ’n onderwysstelsel wat in duie stort, wankelrige plaaslikeregeringskoalisies wat dienslewering beperk en infrastruktuur wat landswyd in