Baba & Kleuter

SUPERKLEIN vegters

Geen ma verwag dat haar baba vroeg gebore gaan word nie, maar soms loop dinge verkeerd. En as jy na die syfers van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) kyk, gebeur dit dalk meer dikwels as wat ’n mens verwag. Volgens hierdie organisasie word daar jaarliks meer as 13 miljoen babas voortydig gebore, van wie 900 000 weens komplikasies sterf. In Suid-Afrika word geraam dat een uit elke sewe babas vroeg gebore word.

Dié superklein kleingoed beland byna altyd in die neonatale eenheid. Kom ons gaan kyk hoe dit daar uitsien en wie almal daar werk.

EERS ’N PAAR FEITE

’n Baba word as vroeggebore of prematuur geklassifiseer as hulle voor 37 weke van swangerskap gebore word. Die term mikroprematuur word gebruik as die baba tussen 22 en 28 weke gebore word.

Hoewel dit moeilik is om ander betroubare syfer te bekom, ervaar medici tog dat vroeë geboortes toenaam, sê dr. Ricky Dippenaar, ’n neonatoloog van Kaapstad.

Daar is verskeie redes voor, sê hy. “Een van die hoofredes is onvoldoende voorgeboortesorg, soos gereelde besoeke aan ’n ginekoloog of dokter waar eenvoudige toetse (wat gesofistikeerde ultraklank-skanderings uitsluit) kan bepaal of die ma en baba gesond is. Die hoër ouderdom van vroue

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter2 min read
Wat’s Nuus?
Dié Johannesburgse laer- en preprimêre skool help sorg dat jou kind ’n uitstekende en holistiese opvoeding kry. By Jan Celliers Laerskool en Preprimêr hoef jy nie bekommerd te wees nie. Dis ’n onafhanklike skool in Parkview, Johannesburg, wat die ho
Baba & Kleuter6 min read
Mamma, Is Ek Vet?
Kinders van vyf wat eetversteurings het? Ja, sê navorsers aan die Universiteitskollege van Londen se instituut van kindergesondheid, wat ’n studie onder kinders tussen vyf en 13 jaar oud gedoen het. Hulle het bevind dat drie uit elke 100 000 kinders
Baba & Kleuter2 min read
V & A MES & VURK
E-pos jou vrae aan SHARING@YPBMAGAZINE.COM Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. My dogtertjie is drie en ’n half jaar oud. Moet sy al met ’n mes en vurk kan eet? Sy sukkel nogal en ek sien sy raak dan gefrustreerd en vat somm

Related