Baba & Kleuter

Dit hou nie op nie!

Babakoliek word amptelik gediagnoseer wanneer ’n gesonde, welgevoede baba van jonger as vyf maande vir meer as drie weke lank meer as drie keer per week meer as drie uur per dag huil.

Behalwe om self te begin huil, is daar enigiets wat jy kan doen as dit jou baba getref het?

Hoewel niemand regtig weet wat dit veroorsaak nie, weet ons dat dit by voltermynbabas teen omtrent week twee kop uitsteek en effens later by vroeggeborenes; dat dit meestal teen drie of vier maande self ophou én dat babas se geslag nie ’n rol speel nie.

Jy kan ook nie veel doen om dit te voorkom nie. Die enigste bekende risikofaktore is blootstelling aan sigaretrook – tydens swangerskap en ná die geboorte.

WANNEER IS DIT KOLIEK?

Babas huil gewoonlik omdat hulle honger of moeg is, ’n nat of ’n vuil doek het, pyn verduur of ’n wind het. Hulle draai ook nie doekies om as hulle alleen voel en jou nabyheid soek nie. As jy al hierdie dinge uitgeskakel het en jou baba steeds elke dag ontroosbaar is volgens die koliekdefinisie hierbo, is daar ’n goeie kans dat jou baba koliek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter2 min read
Wat’s Nuus?
Dié Johannesburgse laer- en preprimêre skool help sorg dat jou kind ’n uitstekende en holistiese opvoeding kry. By Jan Celliers Laerskool en Preprimêr hoef jy nie bekommerd te wees nie. Dis ’n onafhanklike skool in Parkview, Johannesburg, wat die ho
Baba & Kleuter6 min read
Mamma, Is Ek Vet?
Kinders van vyf wat eetversteurings het? Ja, sê navorsers aan die Universiteitskollege van Londen se instituut van kindergesondheid, wat ’n studie onder kinders tussen vyf en 13 jaar oud gedoen het. Hulle het bevind dat drie uit elke 100 000 kinders
Baba & Kleuter2 min read
V & A MES & VURK
E-pos jou vrae aan SHARING@YPBMAGAZINE.COM Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. My dogtertjie is drie en ’n half jaar oud. Moet sy al met ’n mes en vurk kan eet? Sy sukkel nogal en ek sien sy raak dan gefrustreerd en vat somm

Related