HITTESTRES is een van die eksterne toestande wat die grootste impak op die welstand van lewende hawe en produksiepeile kan hê.
“Dit is iets wat in die toekoms in frekwensie en intensiteit gaan toeneem,” sê dr. Jean Rust, senior navorser by die Dohne-navorsingstasie buite Stutterheim in die Oos-Kaap.
Volgens Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, kom meer ekstreme toestande gewoonlik tydens El Niño-jare voor.
“Dit is dus belangrik om in sulke jare bedag te wees op baie hoë temperature, veral in die lente en midsomer. Wees ook voorbereid op baie lae temperature wat dikwels later of vroeër kan voorkom.”
Hittestres raak diere op molekulêre, sellulêre en sistemiese vlakke. Diere met hittestres vreet minder, produseer minder melk en die mikrobioom in hul rumen word versteur. Dit duur langer vir hul voedsel om te verteer, wat proteïen- en energieproduksie benadeel. Dit verlaag die produksie van reproduktiewe hormone, wat vrugbaarheid raak, en verswak hul immuunstelsel.
Dr. Michelle North,