Landbouweekblad

Briewe

POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000;

e-pos: lbw@landbou.com

Kaderontplooing lê SA lam

Adj.pres. Paul Mashatile het onlangs baie mense van verbasing laat regop sit toe hy vrae oor kaderontplooiing in die nasionale raad van provinsies beantwoord het. Hulle kon hul ore nie glo nie. Hy het óf nie die waarheid gepraat nie óf mense se intelligensie erg onderskat. Of hy weet nie wat in Suid-Afrika aangaan nie.

Verbeel jou: “Kaderontplooiing is ’n goeie beleid wat demokrasie en transformasie bevorder. Net die beste van die beste word ontplooi.”

’n Mens wonder of Mashatile aan diens aan die gemeenskap gedink het met sy stellings. Hoe bevorder ontplooide kaders die vrot diens in staatsdepartemente soos binnelandse sake, vervoer, justisie, onderwys, landbou …?

Watter staatsbeheerde instellings word doeltreffend bestuur? Eskom? Denel? Transnet? Prasa? Die Openbare Beleggingskorporasie? Die Land Bank? Vertel ons.

Watter ANC-beheerde munisipaliteite lewer bevredigende diens aan die publiek? Vertel en wys ons die suksesse wat die “beste van die beste” kaders behaal.

Kom ons gooi Mashatile nie toe met die swak kaderbeheerde plaaslike besture in ál die ANC-beheerde provinsies nie, want almal is in ’n gemors. Kom ons kyk net na net een provinsie, die Vrystaat. Watter munisipaliteit in dié provinsie word doeltreffend bestuur? Nie een nie!

Hoeveel en watter provinsiale paaie is rybaar? Wys ons, moet ons net nie vertel nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad6 min read
Wees Só Beter Voorbereid Op Elke Droogtestadium
Die meeste droogtebestuurspraktyke en hulppakkette in Suid-Afrika is nog baie reaktief, maar deur voorkomend op te tree, kan die nadelige gevolge van droogte op die landbou aansienlik verminder word. Daarom is dit nodig dat gebeurlikheidsplanne vir d
Landbouweekblad3 min read
Klopjagte: Klem Skuif Van Werkers Na Boere
TWEE polisievangwaens, drie polisiemotors en twee staatsvoertuie met vyf lede van die departement van binnelandse sake. Dít is die groep wat verlede week onverwags deur Kallie du Toit*, ’n aarbeiboer buite George, se plaashekke gery het om hom en sy
Landbouweekblad2 min read
Land Bank: Likwidateurs Verloor Appèlsaak
IN ’n saak wat al lank voortsleep, het likwidateurs van ’n egpaar van Bothaville bloedneus gekry oor onregmatige prosedures en ontbrekende skriftelike bewyse. Die likwidateurs se appèlaansoek in ’n likwidasiegeding van die Land Bank teen ’n boerdery

Related