SARIE

SARIE se TOP 5

1 OPLAAS TUIS JOHANNES RADEBE, DANSER EN CHOREOGRAAF

Nou: Danser en choreograaf Johannes Radebe, met ’n goedversorgde stoppelbaard en helderblou oogskadu, dra ’n skitterende silwer-pienk-en-blou halternektop. Hy is omring deur vere in skakerings van pienk, geel, oranje en groen. Ook sy hooftooisel, wat met ’n punt tot in die middel van sy voorkop kom, is met kleurvolle vere versier.

Toe: Die klein kannetjie staar na die baldansinstrukteur wat ’n demonstrasie in die plaaslike ontspanningsaal doen. Dis veral sy met-blinkertjiesversierde swaelstertbaadjie wat die seuntjie betower. “Wat moet ek dóén om daardie baadjie te dra?” vra hy ademloos. Waarop die instrukteur antwoord: “Kom klas toe. As jy volhard, kan jy dit dalk dra.”

Die geluksgodin het sekerlik geglimlag. Vandag, as een van die permanente dansers in die Britse treffer-televisieprogram Strictly Come Dancing, beïndruk JoJo gereeld met sy uitrustings. En hy verskuif grense. In 2019 was hy die eerste manlike danser in die Britse Strictly wat dit met hakke op die dansvloer waag. Met sy hoëhakstewels in lakleer het hy op maat van Blondie se “Rapture” dit uitgekap.

Twee jaar later eindig hy en 2012 se-wenner, John Whaite, tweede in die kompetisie. Die eerste manlike danspaar in die geskiedenis. Daarna het hy huis toe gevlieg om – vir die heel eerste keer – met sy ma oor sy seksualiteit te praat.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
Dubbel So Lekker
Hier kombineer ons Britse pondkoek met klassieke krummelpoeding. Jy kan ook die koek voorsit met vanieljevla vir ’n ander geur. genoeg vir een 18 cm-broodjie KRUMMELLAAG ■ 50 g (60 ml) strooisuiker■ 70 g (125 ml) koekmeel■ 115 g (125 ml) koue bo
SARIE3 min read
Luuks
Daar is iets bekorends aan die aand wanneer die son sak en die hemelruim met stadsliggies en sterre verlig word. Met Chanel se Rouge Allure Velvet Nuit Blanche-lipstiffie (R1 075) in jou handsak, kan jy glansryk op jou aandafspraak gaan. Waag met ’n
SARIE2 min read
Hulle't Ja Gesê! TOP 35
Hulle’t ja gesê vir ’n kans om SARIE se veertiende Voorbladgesig-wenner te word. Ja! om die kroon te dra as SARIE se vyfde Nuwe Gesig. Oor sewe dekades het SARIE nog altyd gespog met voorblaaie wat iets sê van die wêreld waarin ons leef en die vroue

Related