Huisgenoot

RAAI-RAAI EN KOEBAAI, MERAAI

1 In Maart het die Internasionale Strafhof die eerste keer ooit ’n arrestasiebevel uitgereik teen die staatshoof van ’n land wat ’n permanente lid van die VN se Veiligheidsraad is. Wie is die president wat dié twyfelagtige eer te beurt geval het?

AGiorgia Meloni van Italië

BWladimir Poetin van Rusland

CViktor Orbán van Hongarye

2 ’n Ontploffing het die middestad van Johannesburg in Julie geskud en sowat 400 m van Lilian Ngoyi-straat oopgeruk, met ’n geraamde skade van R178 miljoen. Wat het die ontploffing veroorsaak?

ADie drup-drup van ’n onklaar watermeter op elektrisiteitstrome

BDie petrol van ’n kragopwekker wat tydens beurtkrag ingespan is

CDie opgeboude metaangas in die tonnels onder die pad

3 ’n Energiedrankie wat deur die Amerikaanse YouTubers KSI en Logan Paul bemark is, het Suid-Afrikaanse leerders in Mei skoon betotteld gehad. Hul dors vir dié gebottelde koeldrank was so erg dat hulle honderde rande per bottel opgedok het. Eindelik het een van Suid-Afrika se grootste kruidenierswinkels aangekondig dat hulle dit teen R39 gaan begin verkoop, en toe is die oordrewe dors

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related