Weg!

G is vir gemmer & geur!

Klewerige varkliesrol

Vir 6Voorbereityd 20 minuteGaarmaaktyd 2 uur 30 minuteOondtemperatuur 160 °C

Jy benodig

1,3 kg ontbeende varklies, vel verwyder en gerol ⅓ koppie whisky (of soet sjerrie) ½ koppie sojasous 2 koppies water ¼ koppie ligbruinsuiker ¼ koppies appelasyn 3 cm vars gemmer, geskil en in skyfies gesny 2 stukke steranys 3 naeltjies 1 lourierblaar

Só maak jy

1 Braai die vark in ’n swaarboompot tot oraloor goudbruin. Dis nie nodig om ekstra olie by te voeg nie – gebruik liefs die vleis se eie vet.

2 Roer die ander bestanddele by en bring tot kookpunt. Laat prut oop vir sowat 15 minute; skep enige skuim af wat op die oppervlak vorm.

Voorverhit die oond. Sit die deksel op en bak die vleis vir 2 ure. Draai die vleis halfpad deur die baktyd om in die sous.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related