Landbouweekblad

Klimaatsverandering is hier . . . Só pas boere aan

Aktueel KLIMAATSVERANDERING

Toe Jack Human ná die Laingsburgvloed in 1981 die eerste tree na bewaringsboerdery gegee het, was dit om erosie te bekamp. Hy wou deur verminderde bewerking die water in die grond hou en só keer dat dit afloop en die bogrond wegspoel.

Hoe langer en intensiewer hy die stelsel op sy plaas by Heidelberg in die Wes-Kaap toegepas het, hoe meer ander voordele het hy begin waarneem.

Daar is toe nie juis oor klimaatsverandering gepraat nie, maar Jack het onwetend vir sy medeboere ’n kragtige stuk gereedskap gegee om ook by uiterste weersomstandighede aan te pas. Vandag word bewaringsboerdery beskou as een van die beste verskansings teen die risiko’s.

Aanpassing by ’n veranderende klimaat in die vrugte- en wynbedryf het met rasse skrede verbeter deur presisieskedulering,-besproeiing en grondbedekking om verdamping te verlaag, asook die ontwikkeling en vestiging van kultivars wat meer droogtebestand is.

Veeboere selekteer al hoe meer vir aangepaste diere en doen moeite om diere se gemak en gesondheid te verbeter deur weiding beter te bestuur en genoeg water en skaduwee te voorsien.

Ook op die gebied

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit