KORTOM
■ Wetenskaplikes vind al meer bewyse van ’n verband tussen die ontbossing van die Amasone en laer reënval in die omliggende streke.
■ As die trajek gevolg word, sal die reënwoud nie meer sy eie reënval kan voortbring nie.
■ Daar is egter tekens dat herlewingslandbou, saam met die heraanplanting van bome die vogbalans van die reeds ontboste grond kan herstel.
Vyftig jaar gelede het Brasilië se regering miljoene inwoners aangemoedig om die Amasonereënwoud te koloniseer. “Grond sonder mense vir mense sonder grond” was die slagspreuk waarmee arm Brasiliane genooi is om, met die hulp van staatsubsidies, vir hulle plase uit die reënwoud te kap.
Dié migrasie het saamgeval met die ontwikkeling van doeltreffende ontbossingsgereedskap, soos kettingsae en stootskrapers. Vanaf 1960 tot 2010 het die bevolking in die ontboste dele van die reënwoud van 6 miljoen na 25 miljoen gegroei namate baie mense hul fortuin daar gaan soek het.
Wetenskaplikes waarsku voortdurend dat die ineenstorting van die reënwoud se ekostelsel ’n wêreldwye ramp kan ontketen. ’n Onlangse verslag van die