Huisgenoot

EENDAG OP ’N REËNDAG

‘ALMAL WEET SAMBRELE IS GEMORS. DIE SPEKE KNAK, DIE LAP SKEUR EN DIE HELE DING DOP OM AS JY HARD NIES’

AS DIE antieke Chinese heerser Wang Kuang van 189 n.C. tot in 2023 kon spring, sou baie dinge sy mond laat oophang het. Die ou kryger sou uit die veld geslaan gewees het deur ’n TV of ’n 747.

Maar een ding sou hom nie juis geroer het nie. Die sambreel.

Rame van opvousambrele – baie naby aan soos ons hulle ken – is saam met hom in sy graf gekry.

T.S. Crawford skryf in A History of the Umbrella dis akkuraat om te sê die eerste sambreel is al meer as 3 000 jaar gelede gemaak. In die 1850’s is dit bietjie aangepas, en sedertdien het dit dieselfde gebly.

En dis absurd! Almal weet sambrele is gemors. Die speke knak, die lap skeur en die hele ding dop om as jy hard nies. Ons het al op die maan geland en loop met selfone rond, maar niemand het al die sambreel in die 21ste eeu ingesleep nie.

Tien jaar gelede het ’n student aan die Universiteit van Haifa in Israel amper R3 000 betaal vir ’n sambreel. Tal Kitron vertel die affêre het nie yster of lap gehad nie. “Revolusionêr,” sê die 35-jarige programmeerder vandag.

Dit was die Air Umbrella. ’n Video wys hoe iets soos ’n knopkierie die reën wegblaas met ’n laag hiperversnelde lug. Vir R3 000 kon jy daarin belê.

Niemand het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related