Rooi Rose

BLINK gedink

’N (SKOTSE) ROKKIE WAT NETJIES PAS

Die woord ‘kilt’ het vreemd genoeg ’n Deense oorsprong en is eintlik ’n werkwoord wat ‘om iets te plooi’ beteken,” vertel Egbert Harmse, eienaar van Cargo Kilts in Springs wat Skotse rokkies, oftewel kilts, maak.

Sy idee is in 1988 uit studentepret gebore toe hulle op ’n stoute manier drank by ’n karnavaloptog wou insmokkel. Dié kwajongstreke het Egbert, ’n gekwalifiseerde meganiese ingenieur, dekades later op ’n nuwe spoor gesit, en deesdae tooi hy trotse manne met “’n wilde streep” in kilts.

En moenie dink dié kleurryke rokkies is net vir deftige geleenthede soos troues of kroningsplegtighede geskik nie. Egbert se Cargokilts (van bull denim) word gereeld by rugbywedstryde gesien en die manne dra T-hemde en plakkies daarby.

En as jy nog altyd gewonder het wat onder daardie kilt aangaan, het Egbert die antwoord: “Wat ’n man onder sy kilt dra, is sý besigheid. Maar die storie dat mans geen onderklere dra nie, is eintlik ’n urban legend.”

Moenie dat die nuuskierigheid jou oorval nie. ’n Vrou het onlangs by ’n rugbywedstryd op Ellispark haar rieme styfgeloop toe sy - onder die aanmoediging van alkohol

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose1 min read
Warm Oë & Rooi Lippe
ONDERLAAG VERBLOEMER NATUURLIKE OOGSKADUPALET BEKLEMTONER VLOEIBARE OOGOMLYNER OOGPOTLOOD MASKARA BLOSSER WENKBROUPRODUKTE LIPSTIFFIE IN ’N NATUURLIKE SKAKERING ROOI LIPSTIFFIE POEIER SCARLETT HILL NUDE EYESHADOW (R79,99, MR PRICE).
Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke
Rooi Rose1 min read
Helena Opperman
HELENA OPPERMAN STEM NIE SAAM MET TOTIUS NIE. DIE WÊRELD IS INDERDAAD HAAR WONING. OOR DIE AFGELOPE TWINTIG JAAR HET SY AL IN BAIE LANDE GEWOON EN GEWERK – SENTRAAL-ASIË, DIE MIDDEOOSTE EN AFRIKA. HAAR BELANGSTELLINGS STREK WYD EN SLUIT OMTRENT ALLES

Related