AS JY na ’n gebied vol fynbos kyk, kan jy dalk wonder wat dan nou so wonderlik is daaraan. In so ’n area groei veral struikagtige en hardblarige gewasse en heide – met geen hoë bome in sig nie! Wat is dan so spesiaal aan hierdie soort plantegroei, en hoekom lok dit blomliefhebbers van oor die wêreld heen?
Fynbos is soos ’n natuurlike mosaïek wat byna elke maand van die jaar ’n opwindende verskeidenheid blomme oplewer. Dié soort plantegroei kom voor in bergagtige gebiede, valleie en kusvlaktes wat oor ’n wye strook van ongeveer 100 tot 200 kilometer strek van Clanwilliam in.