ENTREPRENEUR
Toe sy en haar man ses jaar gelede besluit het om hul eie sportklerebesigheid te begin, het hulle nooit gedink hulle sou só suksesvol wees nie. Vandag spog dié Kaapse Tegpaar met twee suksesvolle besighede wat nie net mekaar aanvul nie, maar ook die lewens van talle van hul kliënte onherroeplik verander.
“My man is baie aktief en hou van bodybuilding,” vertel Mena Kooger (38). “Ons het dus gereeld soggens vyfuur gym toe gegaan om te oefen en om die verkeer stad toe te vermy. Ek het toe begin soek na gemaklike sportklere, en het na verskillende advertensies gekyk en besef geen van die klere wat geadverteer word, werk vir my liggaamsgrootte nie. Dís toe ons die Godsopenbaring gekry het om ons eie besigheid te begin.”
Mena, wat in Elsiesrivier gebore ishúlle graag in winkels wil sien. “Ek onthou omdat ek vir soveel vroue boodskappe gestuur het, was my Instagramrekening selfs geblok,” vertel sy laggend.