AS JY dink jý het hard geskree, kan jy jou probeer indink hoe dit voel om jou geliefde in só ’n naelbytstryd op die veld te sien draf. Toe die Springbokke op die laaste Saterdag in Oktober kort voor middernag in die Stade de France in Parys skrum asof hul lewe daarvan afhang, was hul naastes se senuwees aan flarde.
En toe: die verligting en die vreugde!
Ná die wedstryd was daar trane en omhelsings langs die veld, met byna