ONS sal daardie oomblik nooit vergeet nie: Siya Kolisi, ons eerste swart Springbokkaptein, lig die blink trofee omhoog met sy spanmaats wat om hom jubel.
Suid-Afrika se oorwinning in die 2019-eindstryd was selfs nóg groter as sy eie span se triomftog in 1995, sou die oudkaptein Francois Pienaar later opmerk toe hy die twee onvergeetlike wen-wedstryde vergelyk. Hy het verduidelik Siya en sy Bokke was ’n getransformeerde span wat al hul landgenote agter hulle kon verenig, iets “wat nie in my tyd sou gebeur het nie” – ’n deurbraak vir ons demokrasie.
Ná dié toernooi pronk Suid-Afrika toe vir die eerste keer in 10 jaar boaan die rugbywêreldranglys – ’n verstommende ommeswaai vir die span wat minder as twee jaar tevore nog agtste gekeur was.
Met die span se terugkeer van Japan na Suid-Afrika kon die Bokke self beleef watter impak hul oorwinning op ons gehad het. Eers het ’n skare hulle op die lughawe ingewag. En toe die Bokke in die week daarna op ’n oopdakbus deur verskeie groot stede toer, het miljoene Suid-Afrikaners in die strate saamgedrom om hulle toe te juig.
In ’n see van groen en goud het dit