WAAR oorwinning in 1995 ’n Dawid-en-Goliat-verhaal was – die storie van die Springbokke se triomfantelike terugkeer tot die wêreldsportverhoog – was die 2007-Wêreldbeker iets heel anders.
Die eindstrydoorwinning teen Engeland in Frankryk was die toppunt van vier jaar se beplanning – sedert Jake White in 2004 as afrigter aangestel is. In 2005 het hy ná ’n loesing teen Frankryk op die Stade de France vir die Bokke gesê het: Ons gaan oor twee jaar Wêreldkampioene wees.
Die Bokke van 2007 was verder ’n ervare klomp, met heelwat van die span wat boaan die lyste vir beste spelers ter wêreld vir hul posisies sou pryk. Dit was asof die kaarte in die toer-nooi reg geval het vir Suid-Afrika, met wat baie beskryf het as ’n makliker pad na die eindstryd, omdat groot spanne soos Nieu-Seeland en Frankryk in die ander helfte van die loting uitgeskakel is. Maar net omdat dit dalk minder onverwags was as in 1995, beteken dit nie die vreugdevure het enigsins minder hoog gebrand toe John Smit en die seëvierende Bokke uit Frankryk terugkeer vir ’n bustoer deur van die stede in die land nie.
DIE EINDSTRYDOORWINNING WAS DIE TOPPUNT