Julle lepellê knus, jou hand op jou bedgenoot se sagte, deinende maag. Terwyl julle styf teen mekaar nestel, sinchroniseer jul asemhaling ...in...en...uit.Dieperenlanger...jou hartklop verstadig geleidelik en jy . . . slaap . . .
Net ’n bietjie liefde tussen jou en jou robotkussing.* Noem dit maar slaap met ’n troetel-“bersie” vir grootmense. Baie meer doeltreffend as skape tel. Kom jy by skaap 970 en jy is nog wawyd wakker, weet jy: Vannag kry jy nie jou skapies in Klaas Vakie se kraal nie . . .
Moenie alleen voel nie. As ’n samelewing is ons kniediep in die skuld, slaapskuld. Dis ook nie van vandag af dat ons daarmee sukkel nie. ’n Gefolterde Macbeth besin oor die voordele daarvan wanneer sy skuldige gewete die slaap laat wyk: “. . . Balm of hurt minds, great nature’s second course, Chief nourisher in life’s feast”. Dus: Die moderne tegnologie en ons gejaagde lewens is dalk nou ’n vlieg in die salf, maar ander “slaapdiewe” is tydloos. Mense skrik eeue lank al snags warm en sweterig wakker. Eva het sekerlik