Landbouweekblad

SA produk sit Britse siders oreaan...

Waardetoevoeging

In ’n era waarin verbruikers plaaslike produkte bo ingevoerdes verkies, laat ’n Suid-Afrikaanse boetiek-appelsider Britse siders op hul neus kyk in hul eie supermarkte wat die koolstofspoor betref. Dit is danksy die soet appels uit die sonnige Elginvallei, wat geen suikerbyvoegings nodig het nie, asook omgewingslim produksie- en verspreidingsprosesse.

Laura Clacey en haar man, Karol Ostaszewski, het tien jaar gelede die Sxollie-handelsmerk gestig vir hul sider wat gemaak word van sapgraad Golden Delicious-, Granny Smith- en Cripps Pink-appels wat deur Fruitways by Elgin in die Wes-Kaap verbou word. Die geparste appels word ’n klipgooi van die plaas af in Almenkerk se kelder met vonkelwyngis gegis voor dit in groot maat na die hawe in Liverpool, Brittanje, verskeep word. Digby dié hawe word dit gekarboneer en gebottel, in bottels wat op die perseel vervaardig word.

“Ek en Karol het destyds, toe ons in Suid-Afrika gewoon het, gesoek na iets wat nog nie vantevore gedoen is nie,” vertel Laura.

“Destyds was boetiekbier en -jenewer baie gewild en ek was gek daarna. Hul handelsmerke was cool, hul stories outentiek en alles was inspirerend. Ons wou egter nie meeding in ’n kategorie wat reeds vol was nie, maar eerder ’n kategorie vernuwe en ’n opskudding daarbinne veroorsaak.

“Toe ons na sider begin kyk, was dit eintlik maklik, want as jy aan alkohol dink, dink jy aan bier, sider en wyn.”

As wynliefhebbers was

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh

Related