Landbouweekblad

‘ ’n Beter toekoms is in boere se hande’

VOORUITSKOUING Wyn

Wanneer daar oor die toekoms van die wynbedryf gepraat word, duik een woord gereeld op: premiumization (die poging om ’n handelsmerk of produk onder verbruikers te bevorder deur die besonderse gehalte en eksklusiwiteit daarvan te beklemtoon).

“Sowat tien jaar gelede is die grootste deel van Stellenbosse wyn teen R40-R60 per liter verkoop. Nou het dit gestyg tot R80-R100 per liter, maar eintlik wil jy hoër as dit kan wees,” sê dr. Edo Heyns, strategiese ontwikkelings-en-bemarkingsdirekteur by Advini Suid-Afrika.

Heyns, wat ook betrokke is by Stellenbosch-wynroetes, sê dié organisasie het onlangs die Stellenbosch 2030-plan van stapel gestuur met die uitsluitlike doel om wyn ’n meer premiebaadjie aan te trek. Dit geld nie net pryse nie, maar om seker te maak die groei kom reg oor die wynmandjie en in die regte markte voor.

“Suksesse wat ons onlangs binne Advini bereik het, maak my baie opgewonde. In Kanada, veral by LCBO (’n staatsinstelling wat ook dien as klein- en groothandelaar van wyn, bier en spiritualieë), het die Suid-Afrikaanse kategorie die afgelope tyd taamlik drasties verander. Waar dit voorheen laergehalte-, prysgedrewe aanbiedings was, is dit nou op elke vlak interessanter.

“ ’n Handelsmerk soos Arniston Bay, wat voorheen vir 12 Kanadese dollar per bottel (R168) verkoop is – ’n kategorie wat ’n bloedbad is wat mededingendheid betref – is nou op $15,95 (R224). Dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter