Manie
Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, moet maar te dankbaar wees die aandag is so fel op haar kabinetskollega by openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en sy skouspelagtige brouwerk by Eskom en Transnet.
Dit trek die aandag ietwat af van die feit dat ondernemings binne staatsbeheer in haar portefeulje ook merendeels tot mislukking gedoem is. Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) is vir Manie ’n goeie voorbeeld hiervan. Dit is ’n staatsonderneming wat omtrent net so belangrik vir die gesondheid van die landbou-ekonomie