Manie
Manie kon maar net sy hande saamslaan toe hy hoor hoe ons eie adjunkpresident, Paul Mashatile, Suid-Afrika se landbou as soortgelyk aan dié van die res van Afrika beskryf. Wil iemand nie asseblief die man nooi om ’n suksesvolle kommersiële boerdery in Suid-Afrika te besoek nie? Dit lyk nie of hy al hierdie voorreg ervaar het nie.
Hy het in sy hoofrede op die eerste internasionale Afrika-ondernemerskapskongres in Kaapstad gesê die landbousektore in Suid-Afrika en Afrika bestaan feitlik net uit enkelpersoon-ondernemings wat betrokke