DIS nie meer so maklik om jou tienerkinders uit te vang as hulle skelm rook soos wat dit destyds was nie. Die dae toe ’n hopie sigaretstompies iewers in die agterste hoek van die erf of ’n sigaretroller weggesteek in ’n klerelaai hulle verklap het, is verby
Deesdae het tieners net ’n e-sigaret of damppen nodig wat hulle met hulle saamdra en iewers skelm gaan suig voor hulle dit weer afskakel, en hul niksvermoedende ouers bly salig onbewus van hul rookgewoonte.
Maar, waarsku kenners, dit beteken allermins rook het minder gevaarlik geraak – en ook nie dat minder tieners deesdae skelm rook nie. Damprook (of e-sigarette, in Engels ) is nie minder toksies as tradisionele sigarette nie – veral nie vir tieners nie. Die wêreldwye toename in jong mense wat e-sigarette rook, is dus vir gesondheidsowerhede ’n