Weg! Ry & Sleep

Hou piekniek langs die pad

FRIKKADELLE MET FETA EN VINKEL

’n Lekker vleisie

Hapgrootte frikkadelletjies is, net soos ’n gekookte eier, klassieke padkos. Die feta gee die happies ’n heerlike sout smaak, wat beteken hulle smaak selfs koud lekker!

Jy benodig
(maak 32 frikkadelle)

• 1 klein witui, fyngekap
• 1 eetlepel olyfolie
• ½ teelepel vinkelsaad, gekneus
• ’n knippie rissievlokkies
• 2 eetlepels vars broodkrummels
• 1 teelepel fyngerasperde suurlemoenskil
• 2 eetlepels platblaarpietersielie, fyngekap
• 500 g beesmaalvleis
• 1 wiel romerige feta, gekrummel
• 1 eier
• ± ¼ koppie koekmeel
• olie vir vlakbraai

Só maak jy

1 Braai die ui in die olyfolie tot glansend, roer die vinkel en rissievlokkies by, en braai die mengsel vir nog ’n minuut. Haal dit van die hitte af en meng die broodkrummels, suurlemoenskil en pietersielie by. Laat die mengsel afkoel.

die vleis behoorlik met sout

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
’n Welkome gas
In die kampplek het ’n mens ’n paar opsies om jou kos gaar te kry of water te kook vir ’n bietjie boeretroos. Die mees basiese en beste, natuurlik, is ’n kampvuur, maar dit neem tyd om aan die gang te kry en jy kan ook nie sommer enige plek vuurmaak
Weg: Ry & Sleep5 min read
Wat Maak Kamp So Lekker?
Ek het grootgeword in ’n huis waar vakansies – vernaam die grote in Desember en Januarie – beteken het die lomp two-tone Jurgens 640 met sy blou-en-wit gestreepte tent word by oom Tjoep du Toit gehuur. Ek weet tot vandag toe nie waar oom Tjoep aan sy
Weg: Ry & Sleep5 min read
’n Lékker Honnelewe
• Hou jou motor se ruit oop, indien moontlik. Pote gaan die rit baie meer geniet as hy die tonele kan inasem wat verbyflits. • Stop so een keer elke uur en gee jou woef genoeg tyd sodat hy kan snuffel aan die merke van al die honde wat al vroeër hier

Related