Huisgenoot

SANGERES & DIE SLOT

ELKE keel in die land was hees soos mense geskree het toe die Springbokke verlede Sondag in Marseilles teen die Skotte uitgedraf het vir hul eerste Wêreldbekerwedstryd.

En een stem het selfs harder as al die ander opgeklink.

Op haar rusbank in Ballito het Anlia Etzebeth haar volledig in die oomblik ingeleef toe die Bokke op die veld uitdraf. Hoe dan anders? Want onder hulle was die liefde van haar lewe, die ysterslot Eben Etzebeth.

Anlia moes jaag om betyds voor die kassie te wees vir die groot oomblik.

Sy is in eie reg as aktrise en sangeres bekend, en het die vorige dag in Polokwane opgetree.

Boonop moes sy kort voor Suid-Afrika se openingswedstryd nog in Johannesburg vir Huisgenoot se voorbladfotosessie voor die kamera poseer voor sy haar na die lughawe kon haas.

Sy het Eben op pad na die lughawe gebel voor hy sy selfoon vir die wedstryd moes wegsit – hul gebruiklike ritueel.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related