Dit was toe iemand haar die dag vra hoekom sy haar maat dokter toe moes neem en sy, sonder om twee keer te dink, antwoord “want iemand moes sy vorms invul” dat sy besef het daar is groot fout in haar verhouding, vertel Sandra*.
“Hy het grieperig gevoel en moes vir ’n Covid-toets gaan omdat sy werk dit vereis het, maar was geensins so siek dat hy nie kon bestuur of na homself omsien nie. Hy het my gevra om saam te kom en sy vorms in te vul, want hy ken nie al sy mediese inligting nie. En ek het dit gedoen, al het ek ’n baie besige dag gehad, want ek wou hom ondersteun – of so het ek vir myself gesê.
“Maar toe ek my vriendin se geskokte uitdrukking sien toe ek haar antwoord, het dit ingesink. Ek en hy het albei toegang tot sy inligting gehad en hy is ’n volwassene met