EK HET grootgeword op ’n klein plattelandse dorpie, Thabakhubedu, naby Dennilton in Limpopo. In my wildste drome het ek nie gedink ek sou eendag ’n lugballonvlieënier word nie.
My gunstelingvak op skool was rekeningkunde. Ek was mal oor syfers. Ek het van geld gehou en wou altyd meer hê. Ek het gedink daaraan om ’n rekenmeester te word, want dis nie ’n loopbaan wat baie mense van my dorpie gekies het nie. Ek hou daarvan om vir myself uitdagings te stel – die moeilike pad te volg.
Maar die geleentheid daarvoor het toe nooit