VAN jongs af hou ek van diere en besigheid. In die laerskool was ek al ’n entrepreneur. Wanneer ons op entrepreneursdae ons tafel opgeslaan het, het ons binne ure ál ons lewendige kuikens en ons inspuitings vol kondensmelk verkoop. Dit was soos soetkoek.
My kinderjare was besig. Ek’s aan baie dinge blootgestel. Drama, debat redenaars, toneel, kunswedstryd en atletiek en hokkie – van gr. 1 af reg deur hoërskool. Ek dink dit was deel van my voorbereiding vir wat nog kom in die lewe.
Troeteldiere was áltyd deel van ons familie – baaaie van hulle.
Ek onthou hoe my ma my regtig toegelaat het om elke