‘EK HET BESEF EK IS OP MY EIE REIS. EK IS PRESIES WAAR EK MOET WEES’
DALK is die brakkies jaloers.
Om haar voete baljaar drie honde wat haar aandag soek, maar sy het net oë vir die aantreklike man wat haar uit haar maag laat lag.
Weldra gee een van die honde ’n grom en ’n harde blaf, wat Cindy Swanepoel tussen die lagbuie deur af laat kyk.
“Néé, Buddy, kom nou,” berispe sy die karnallie. “Dis nie nodig om so kwaai te wees nie.”
Dan lag die aktrise en verduidelik: “Hy is maar net beskermend en moet nog gewoond raak aan sy nuwe tuiste.”
Dis nou twee weke sedert Cindy (41) saam met haar verloofde, die akteur Craig Urbani (52), in hul nuwe