Huisgenoot

EET SOOS ’N KAMPIOEN

BOEREWORSROL MET BLATJANG EN KARAMEL-UIE

LEWER 4-6 WORSROLLE

JY BENODIG BLATJANG

● 5 ml (1 t) olyfolie
● 15 ml (1 e) mosterdsaad
● 4 naeltjies
● 2 lourierblare
● 250-300 g droëvrugte
● 5 ml (1 t) paprika
● 5 ml (1 t) rooipeper
● 5 ml (1 t) borrie
● 60 ml (¼ k) asyn
● 125 ml (½ k) water
● ’n hand vol vars pietersielie, gekap

UIE

● 10 ml (2 t) olyfolie
● 10 ml (2 t) botter
● 2-3 rooi-uie, in skywe gesny
● 45 ml (3 e) balsemieke asyn
● 5 ml (1 t) suiker

VIR VOORSIT

● 500-800 g boerewors
● 4-6 rolletjies

1 Blatjang Verhit die olie in ’n klein gietysterkastrol oor matige kole. Voeg die mosterdsaad by en verhit tot dit begin skiet. Voeg die ander bestanddele buiten die pietersielie by en bring tot kookpunt.

Skuif die kastrol na lou kole en laat prut tot die droëvrugte sag en klewerig is en die water verdamp het. Voeg die pietersielie by wanneer dit afgekoel het en hou eenkant.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related