Huisgenoot

BRAAI-BROODJIES op reis

Griekse PITABRAAI-BROODJIES met GEURIGE MENT-FRIKKADELLE

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. / GAARMAAK: 45 MIN.

FRIKKADELLE

◗ 500 g maer beesmaalvleis
◗ 1 ui, gerasper
◗ 2 knoffelhuisies, fyngekap
◗ 60 ml (¼ k) hawermout
◗ 1 eier, geklits
◗ 1 takkie vars ment, blare van die stingel afgebreek en fyngekap
◗ sout en vars gemaalde peper, na smaak
◗ fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
◗ ’n bietjie olie, vir braai

BRAAIBROODJIES

◗ 4 pitabrode, oopgesny
◗ botter, vir smeer
◗ 1 rooi-ui, in ringe gesny
◗ 30 ml (2 e) vars origanum, gekap
◗ 4 knoffelhuisies, fyngekap
◗ 1 wiel fetakaas, gekrummel
◗ 100 g mozzarellakaas, gerasper
◗ 12 kersietamaties, gehalveer
◗ 12 ontpitte olywe, grofgekap

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai en sit ’n staander in die kole. Hou ’n toeknyprooster naby.

1 Frikkadelle Meng alles behalwe die olie goed, bedek en verkoel 30 min. Haal die mengsel uit die yskas en rol in frikkadelle.

2 Verhit die olie in ’n kleefvrye pan en braai die frikkadelle in sarsies tot goudbruin en gaar. Hou eenkant.

Smeer die pitas met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related