Tydens die Rugby Wêreldbeker word huishoudelike regulasies gewoonlik deur die sogenaamde‘hoof van die huishouding’ vasgestel. Dit gaan gepaard met ‘n persoonlikheidsverandering van die alfaman wat sommer oornag gebeur. Hy spring weg deur alle sosiale uitnodigings te weier wat oor die sewe naweke gedurende die kompetisie strek omdat dit dalk mag bots met die datum en tyd van enige wedstryd – al is dit net Os Lobos van Portugal teen The Oaks van Roemenië.
Sy stem word dreigend en sy houding meer aggressief (as hy nog in besit was van vuil ou gewere sou