DIT het begin met ’n liedjie wat ’n ou sommer op die ingewing van die oomblik op-gemaak het. Nie net het hy nie gedink iemand sou dit ’n tweede keer wou hoor nie; hy was selfs ’n bietjie verleë toe hy hoor iemand het dit opgeneem, want die woorde was nogal stout.
Maar dis moeilik om te dink dat die sanger Mgarimbe (39) vandag nog bloos – tensy dit van trots is.
Sy liedjie “Sister Bethina”, die laaste ding waarvoor hy verwag het hy beroemd sou word, is nou al volgens party mense Suid-Afrika se tweede landslied.
Als danksy die manne in Groen-engoud wat besef het dié snit met sy aansteeklike ritme is