’N GOEDVOEL-POPTREFFER
Mense noem haar formidabel – en hulle is reg: ’n Mens kan die TV-persoonlikheid en komediant Bibi du Preez wraggies op geen ander manier beskryf nie.
Maar ná dese kan Bibi iets ekstra by haar CV voeg: Sy is nou ook amptelik ’n sangeres, en haar debuutenkelsnit is pas uitgereik. Die liedjie se naam? “Daai girl”, want dit is presies wie sy is: dáái .