Weg! Ry & Sleep

Wat sê kletsbot oor kamp?

Kletsbotte is rekenaarprogramme wat ontwerp is om ’n mens se antwoorde na te boots wanneer jy dit iets vra. Kunsmatige intelligensie (KI) is ’n tegnologie wat amper daagliks soveel ontwikkel dat ’n mens soms nie weet of jy met ’n mens of ’n blikbrein praat nie.

Al is daar verskillende etiese menings hieroor, is daar blykbaar nie veel relevante wetgewing nie.

Ons kan intussen ons eie mening vorm en met ’n bot gesels oor kamp in Suid-Afrika. Ons is mos gesoute kampeerders en kan self sien watter bydrae ’n slim rekenaarprogram tot ons wêreld kan voeg.

Ons het op die ChatGPT-bot besluit. Op hulle webwerf stel hulle dit duidelik dat ChatGPT “onakkurate inligting oor mense, plekke of feite kan gee.” Hopelik is ons ingelig genoeg om deur die slimrekenaar te sien as hy ons om die bos lei.

Kom ons val met die deur in die huis... en jy besluit.*

Wat maak ’n beter braaivleisvuur: Houtskool of hout?

Dit hang af van persoonlike voorkeur, die soort kos wat gekook word en die gaarmaakmetode wat jy kies.

Houtskool en hout het albei voor- én nadele, en baie Suid-Afrikaners het ook sterk menings hieroor. Houtskool is ’n gewilde keuse vir braai in Suid-Afrika, omdat dit maklik aansteek en eweredig brand met ’n konstante hitte. Houtskool rook ook minder as hout, wat ’n voordeel kan wees wanneer jy kook in plekke waar rook nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Blinknuwe Ford
Die nuwe Ford Territory is op 4 Mei vanjaar bekend gestel. Die nuweling word aangedryf deur ’n 1,8 ℓ-EcoBoost-enjin wat 138 kW en 318 Nm lewer en kom ook met nuwe selfaan-en-afskakel-tegnologie wat brandstofverbruik verlaag. Die enjin is gekoppel aan
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges
Weg: Ry & Sleep13 min read
Kyk Net Al Die Waens!
Een van die nuwe gesigte op die ekspo was Danie Rossouw met sy TrailPod, en al was Danie nooit voorheen ’n kampeerder nie, het hy nie minder nie as drie nuwe Cricket-modelle vir die heel eerste keer kom wys. Danie het sy ontwerp op die klassieke traa

Related Books & Audiobooks