Huisgenoot

KINDERS VAN DIE KERNRAMP

WANNEER Oksana Masters ’n slegte dag beleef, bring haar ma vir haar sonneblomme. Hul blomblare hou groot betekenis in vir Oksana, ’n atleet wat in Oekraïne gebore is waar sonneblomme as ’n simbool van vrede en trots beskou word.

Agter haar loop ’n vaas oor van dié blomme terwyl sy via ’n videooproep praat uit haar huis in die stad Champaign, Illinois, suid van Chicago.

“Hulle maak my baie gelukkig,” sê sy. “In die middel van chaos wys hulle steeds na die son, na die positiewe, na die lig. En dit is wat ek soms nodig het.”

Oksana is 34. Sy is in 1989 gebore met ernstige gestremdhede, insluitend vermiste skeenbene en duime, wat vermoedelik veroorsaak is deur haar ma se blootstelling aan bestraling in die Tsjernobil-ramp drie jaar tevore.

Haar biologiese ouers het haar dadelik aan die staat gegee en haar onbewustelik gedoem tot vroeë kinderjare van uiterste wreedheid en mishandeling. In die laaste van drie weeshuise is Oksana herhaaldelik verkrag, geslaan en gesny. Strawwe was wreed, mediese behoeftes is geïgnoreer en sy was pal ondervoed.

Gay Masters, ’n Amerikaanse akademikus, het haar aangeneem toe sy sewe was. Oksana het so maer in Amerika aangekom dat dokters haar met “FTT” – die mediese afkorting vir “failure to thrive” – gediagnoseer het.

Sy het 26 jaar later, ná talle operasies, insluitend die amputasie van albei haar bene, een van die suksesvolste atlete ter wêreld geword.

Dis ’n storie wat sy vertel in haar nuwe outobiografie, The Hard Parts, die verhaal van ’n onwaarskynlike reis na die toppunt van vier Paralimpiese sportsoorte: roei, langafstand-ski, fietsry en tweekamp.

‘DIS SKRIKWEKKEND OM TE

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Verlede jaar was daar tussen 100 en 150 flaminke in Chili se Los Flamencos-reservaat, maar vanjaar is net 15 tot 20 van die voëls daar gewaar. Wetenskaplikes van die reservaat probeer nou met behulp van satelliete uitvind waarheen die res van die fla
Huisgenoot1 min read
Sy Ou Vlamme
Dié The Cosby Show-aktrise het in 1987 met Lenny getrou. Hulle is in 1991 uitmekaar. ’n Dogter, Zoë, is uit dié huwelik gebore en die ouerpaar is steeds na aan mekaar. In 1991 het hy kortstondig met die Australiese popsangeres uitgegaan. Die jaar 199

Related