SUKKEL jy om kop bo water te hou met terugbetalings vir jou verskillende kredietkaarte? Hier is vyf wenke om dinge onder beheer te kry.
1 STEL VAS WAT DIE GEHEELBEELD IS
Jou kredietskuld sal nie weggaan as jy dit ignoreer omdat dit jou intimideer nie. As jy weet waarmee jy te doen het, kan jy ’n plan maak om dit te bestuur.
Gaan jou bankstaat, winkelrekeningstate en kredietrekord na om te sien wat jy alles skuld. Jou bank-en winkelkaartstate behoort