Huisgenoot

DIE KAT KOM WEER

HAAR bitter egskeiding vir ’n rekordbedrag het haar in die laat 1990’s in die kollig laat beland. Maar kort voor lank het Jocelyn Wildenstein se gesig die storie geword.

Dit was ’n tyd toe in-grypende kosmetiese chirurgie nog taamlik seldsaam was, selfs in die ge-ledere van die stinkrykes. En hier was ’n vrou wat geen geheim daarvan gemaak het dat sy onder die lem was nie. Nie net een keer nie, maar vele kere.

Die sosiale vlinder van New York, ge-bore in Switserland, het bekend geword as “Catwoman” en “The Bride of Wildenstein” – asook “die toonbeeld vir plastiese chirurgie wat skeefgeloop het”.

Selfs hier in Suid-Afrika het Huisgenoot in die 1990’s berig oor haar rare gesig wat lyk asof sy deur ’n swerm bye gesteek is.

Soms was mense se kommentaar wreed en onmenslik. Sy is ’n frats genoem, ’n slaaf van kosmetiese chirurgie.

En die stories oor hoe sy haar rykdom geblaas het, het nie vir haar simpatie gewek nie. Sy het sonder om te skroom $350 000 op ’n Chanel-rok en $10 miljoen aan juweliersware bestee.

Jocelyn het blykbaar eenkeer haar jaarlikse telefoonrekening op $60 000 be-reken. Haar gemiddelde maandelikse uitgawes was op ’n tyd $1 miljoen.

In 1998, terwyl haar egskeiding van $2,5 miljard (toe byna R19 miljard) oor twee jaar in hofsale in Manhattan uitbaklei is, het sy en haar toekomstige eksman, Alec — ’n lid van die magtigste kunshandelaarsfamilie ter wêreld – deur middel van onderhoude in Vanity Fair houe uitgedeel.

Maar in die 25 jaar sedertdien het Jocelyn (nou 77) meestal onder die radar gevlieg. “Ek was nooit ’n openbare figuur nie. Dis nie in my aard nie,” sê sy.

En min is van haar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related