EK ONTHOU toe ek so 13 jaar oud was hoe ek en my broer in die vakansie nie genoeg kon kry van die game Civilization nie. Dis waar my liefde ontstaan het.
Ek onthou hoe geïnteresseerd ek was – nie net omdat dit ’n speletjie was nie, maar omdat jy iets daaruit kon leer. Jy leer oor tegnologie soos wat jy vorder. Civilization gaan juis daaroor dat jy begin met een setlaartjie wat ’n stad bou, en dan moet jy van die Steentydperk af vorder tot jy iemand ruimte toe stuur. Jy kon kies of jy Napoleon wou wees of selfs Shaka, en elke keer kon jy ook ’n ander wêreldkaart kies.
Deur dié proses het ek ontsettend baie geleer. Dit